Duitse nagklub ontruim toe vrou pepersproei vir deodorant aansien

‘n Vrou word vir blootstelling aan ‘n flou pepersproei behandel.

‘n Vrou word vir blootstelling aan ‘n flou pepersproei behandel.

‘n Nagklub in Wurtzburg, Duitsland, moes ontruim word toe ‘n vroulike besoeker in die kleedkamer ‘n kannetjie pepersproei vir deodorant aangesien het, en op haarself gespuit het. Sy het die kannetjie uit ‘n vriendin se handsak geneem.

Die twee vroue se oë is gewas. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die vroue van nalatigheid aangekla kan word. Die pepersproei wat in Duitsland bemark word, se konsentraat is oor die algemeen baie laag, en die meeste ongerief aan die ander besoekers is waarskynlik eerder deur die dryfmiddel as pepersproei self veroorsaak.

Bron: Breitbaart.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.