Duitsland skep nuwe geslag naas manlik en vroulik

babasDuitse ouers met babas wat sowel manlike as vroulike liggaamseienskappe het, sal voortaan nie oorhaastig hoef te besluit of die kind as seun of dogtertjie die lewe gaan aanpak nie.

Die ouers van hierdie kinders sal voortaan die kind se geslag by registrasie met ‘n “X” kan merk. Ongeveer een uit elke 2 000 kinders word met sowel manlike as vroulike chromosome gebore, berig ANP.

Duitsland is die eerste land in Europa wat hierdie kategorie geskep het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.