ʼn Man is in Durban in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou en twee kinders, het die polisie in KwaZulu-Natal Woensdag gesê.
“Die 44-jarige man het homself Dinsdagaand aan die polisie by Chatsworth oorgegee,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die polisie is Maandagaand na die gesin se huis in Moorton ontbied nadat familielede hulle nie in die hande kon kry nie en ook nie by hul huis kon inkom nie. “Beamptes het die deur oopgebreek. Die liggame van die 40-jarige vrou en haar twee kinders, ʼn 18-jarige dogter en ʼn 19-jarige seun, is in een van die slaapkamers aangetref,” het Zwane bygevoeg. “Hulle het verskeie beserings opgedoen.”
Dit wil nie voorkom of enigiets gesteel is nie, aangesien die selfone en ander waardevolle besittings steeds in die huis was.
Die man sal na verwagting Vrydag in die Chatsworth-landdroshof verskyn.
En toe hoef die polisie nie ver na die wreedaard te soek nie…………..
Tragies en so onnodig Justi. Waarom hy nie sy lewe neem nie en die ander sin los nie?
Dit is my redenasie ook Gawie, as jy nie langer wil leef, neem dan net jou eie (ek stem nie saam met selfmoord nie) !
Gawie, ja ek stem saam. Persoonlik glo ek net n lafaard be-eindig sy familie se lewe.
Hy was natuurlik te geel om sy eie lewe ook te neem. Ek staan dit nie voor nie, tog waarom sy hele gesin uitwis? Die lafaard.
Waarom nie net homself doodmaak nie? Waarom ander mense saam hom neem?