Durbanse hawe weer veilig ná gaslekkasie

Durban-hawe

Die Durbanse hawe is weer veilig verklaar nadat 14 mense Vrydag ná ‘n ammoniakgaslekkasie behandel moes word.

“Die eThekwini-brandweer het die gebied weer veilig verklaar,” het Gaven Hall, woordvoerder van Transnet, gesê. “Die gaslekkasie is omstreeks 09:37 by die Vars Produkte Terminaal in die Punt in Durban aangemeld.”

“Een persoon het brandwonde opgedoen en 13 ander moes vir ammoniakinaseming behandel word,” het Eugene Msomi, woordvoerder van eThekwini-metropolisie, gesê. Al 14 persone is in die hospitaal opgeneem.

Mark teWater, hoof van die brandweer in die stad, het gesê die gaslekkasie is nou onder beheer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.