‘n Mediese student van Durban is dood nadat hy Maandag sewe verdiepings ver van ‘n gebou in China geval het.
Die Mercury het Woensdag berig Mujahid Desai (19), ‘n eerstejaarstudent aan die Wenzhou-mediese kollege in Zhejiang, het geval nadat hy oor ‘n reling van ‘n gebou geleun het om met sy vriende te praat. Na wat berig word, het hy sy balans verloor en oor die reling geval. Hy kon ‘n paar sekondes aan die reling vashou voor hy grond toe geval het. Desai is na ‘n hospitaal gehaas waar hy in ‘n koma geplaas is. Hy het ‘n paar ure later aan sy beserings beswyk.
Desai het glo aan Wenshou studeer omdat daar nie vir hom plek was by enige mediese instansie in Suid-Afrika nie.