Duur Kersgeskenk enig in sy soort

Dit is moontlik die duurste sjokolade in die wêreld, met ‘n donkersjokolade-omhulsel van die mees eksklusiewe kakaobone in die wêreld en ‘n roomvulsel met eksotiese bestanddele van drie verskillende lande.

Verpak nou dié sjokoladesensasie in 18-karaat goud en verseël dit met ‘n 7-karaat diamant ter waarde van sowat $385 000 (ongeveer R3 miljoen), en die resultaat is ‘n ongeëwenaarde Kersgeskenk.

Egmont Ernst,’n juwelier in Holkirchen, suid van München in Duitsland, is aangesê om dié geskenk vir die meisie van ‘n ryk Rus voor te berei. Alhoewel 100g goeie sjokolade sowat 6 euro kos, het hierdie happie, wat voor Kersfees Rusland toe gestuur is, soveel as ‘n huis op een van Bavaria se mees eksklusiewe mere gekos.

“Die versoek het my verras,” het Andreas Eybel, lekkergoedmaker, gesê. “So iets gebeur nie elke dag nie.” Eybel wou nie meer oor sy klant uitbrei nie. Die klant het slegs een voorwaarde gehad, dat die sjokolade die beste moet wees: 65% kakao van die bone wat op Vanuatu, ‘n eiland in die Stille Oseaan, groei. Die vrou hou glo die meeste van dié tipe sjokolade.

Die roomvulsel is 33.5% vet met verpulpte pynappel van Costa Rica, saffraan van Spanje en wit sjokolade wat van die kakao van die Dominikaanse Republiek gemaak is. Dom Perignon-sjampanje, 1986-oesjaar, rond die pakkie af. “Ons het ‘n aantal van vyf praliene van dié reeks gemaak om die vervoer te waarborg om seker te maak dat ten minste een in uitstekende toestand sy bestemming sal bereik.

“Die sjokolade word op 18 karaat goud monteer,” het Ernst gesê. Die voetstuk kan afgeskroef word en gebruik word om die eetbare deel te stoor. Die diamant hang bo-oor die lekkerny. “Dit kan na die tyd as ‘n ring gedra word.”

“Die sjokolade is enig in sy soort,” het Eybel bygevoeg. As hy dit vir sy winkel moes voorberei, sou slegs die sjampanje-inhoud sowat 30 euro per 100g kos. Met die ander bestanddele bygevoeg, sal hy ‘n paar honderd euro vir 100g van die resep moes vra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.