Duurste skildery steeds soek

Gerard Sekoto se “Street Scene” ter waarde van sowat R7 miljoen is steeds soek.

Die polisie is steeds op soek na drie mans wat ‘n Suid-Afrikaanse skildery ter waarde van R7 miljoen gesteel het.

Die drie mans het werknemers Sondag by die Pretoriase kunsmuseum met ‘n vuurwapen aangehou en vyf waardevolle skilderye gebuit, berig EWN. Die polisie het Dinsdag vier van die skilderye by ‘n NG-kerk in Port Elizabeth in die Oos-Kaap opgespoor, danksy ‘n wenk wat hulle ontvang het.

Beamptes het intussen die egtheid van die skilderye bevestig.

Pieter de Necker, woordvoerder van die Tshwane-munisipaliteit, het gesê die kunswerke is onder ‘n bankie in ‘n klein begraafplaas opgespoor. “Dit lyk nie of die skilderye beskadig is nie,” het De Necker gesê. Hy het die polisie en die informant geprys dat hulle die kunswerke opgespoor het.

Gerard Sekoto se Street Scene-skildery, ter waarde van R7 miljoen, word egter steeds vermis. Die vier skilderye wat opgespoor is, is altesaam sowat R10 miljoen werd.

Forensiese kenners het probeer om soveel as moontlik leidrade by die toneel in te win.

Lees ook:
Gesteelde kunswerke gevind
Wenke oor kunsroof ontvang
Kunsroof “fyn beplan”
Pretoriase kunsmuseum van R10 miljoen se skilderye beroof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.