Video: Dwelm verander man in “zombie”

ʼn Grusame voorval wat die naweek in Miami plaasgevind het, maak wêreldwyd opslae en word as ʼn ware hedendaagse “zombie apokalips” beskryf. Die polisie in Miami, Amerika, het Saterdag ʼn naakte man verskeie kere geskiet ná hy in die openbaar bo-op ʼn ander man gesit en stukke van sy gesig afgebyt het.

Die Miami Herald berig ʼn polisiebeampte is Saterdag van die aanval naby die koerant se hoofkantoor ingelig. Met sy aankoms het hy gesien hoe die naakte man op die ander man sit en stukke van sy gesig afbyt. Die beampte het die man beveel om op te hou en moes hom skiet ná hy sy bevel ontagsaam en aangehou het om die man te byt. Na die eerste skoot het die aanvaller steeds daarmee aangehou.  Die polisie moes nog ʼn paar skote vuur voor hy dood is. Die persoon wat gebyt is, is glo ʼn hawelose man van die gebied. Sy gesig is onherkenbaar gebyt en hy moes in die hospitaal opgeneem word.

Die polisie in Miami het Dinsdag die aanvaller, Rudy Eugene, se naam bekend gemaak. Hulle het bygevoeg hy was heelwaarskynlik onder die invloed van die dwelms. Volgens Armando Aguilar, hoof van die Miami-polisie, het Eugene tekens getoon dat hy hoog op LSD was en simptome van “opgewonde waansin” getoon. Dit is ʼn simptoom wat dwelmgebruikers, hoofsaaklik kokaïen-gebruikers, aggressiewe en onstuitbare monsters maak. “Die simptome is onder andere paranoia, aggressie, bonatuurlik krag en weerstand teen pyn.”

http://youtu.be/HnKteSaGAR4

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.