Dwelmhandelaars in die noorde van Australië maak glo van slange en krokodille gebruik om hul voorraad te beskerm, het polisiebeamptes in Queensland Maandag gesê.
Michael Joyce, hoof van die departement van omgewingsake en erfenisbeskerming het berigte bevestig dat wildbewaarders tot een keer per week ontbied word om reptiele, wat as brandwagte vir versteekte dwelms in hokke gebruik word, te hanteer. “Die rol van die bewaarders om wild te red wat met misdrywe verband hou, is maar een van die kwessies wat bewaarders moet hanteer,” het Joyce gesê.
Die reptiele word glo naby aan die dwelms gehou om diewe af te skrik en die polisie om die bos te lei.