Dwelmklag teen Kaapstad-onnie

Graeme Carr (38), ʼn onderwyser van Kaapstad, het Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag dat hy glo 120 daggaplante in sy besit gehad het, het die Cape Argus Vrydag berig.

Carr, van die Gugulethu Cape College, se saak is tot 6 Augustus uitgestel nadat hy op R3 000 borg vrygelaat is. Hy staar ʼn aanklag van handeldryf met dagga of ʼn alternatiewe klag van die onwettige besit van dwelms in die gesig.

Die staat voer aan dat hy in Maart vanjaar by sy huis in Kenilworth met 120 daggaplante, 10 saailinge en ʼn boks vol dagga betrap is.

Hy beplan glo om onskuldig te pleit op alle aanklagte.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.