Dwelmmiddels glo op Bieber-bus

Justin Bieber

Die polisie in Swede sê hulle het dwelmmiddels op popster Justin Bieber se toerbus aangetref.

“ʼn Klein hoeveelheid dwelmmiddels en ʼn skokgeweer is tydens ʼn klopjag op die leë bus aangetref,” het Lars Bystrom, woordvoerder van die polisie, gesê. Die bus het by die Globen-arena in Stockholm, waar Bieber Woensdag opgetree het, parkeer gestaan. Bystrom het Donderdag gesê hulle het geen verdagtes nie en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Hy wou nie bekendmaak watter dwelmmiddels opgespoor is nie, maar het aangedui dat dit na ʼn laboratorium gestuur is om getoets te word.

Hy sê die polisie het reageer nadat hulle ʼn daggareuk buite die bus geruik het terwyl dit buite die hotel parkeer gestaan het waar Bieber tuisgegaan het. Die dwelmeenheid is ontbied en het die bus tydens die konsert deursoek.

Die 19-jarige Kanadese sanger is in Stockholm as deel van ʼn wêreldtoer. Hy sal in Meimaand in Suid-Afrika in Kaapstad en Johannesburg optree. Kaartjies na die twee vertonings in Suid-Afrika is binne ʼn halfuur uitverkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.