‘Dwelmmuil’ deur Dubai-hof vrygelaat

ʼn Vermeende dwelmmuil van Suid-Afrika is oor die naweek van dwelmsmokkelary vrygespreek nadat sy ʼn Dubaise regter oortuig het dat sy nie bewus was van die 3kg-kokaïene wat in haar bagasie was nie, het Beeld Woensdag berig.

Sy het in ʼn hof in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate getuig sy het geweet daar is pakkies in haar bagasie, maar dat sy nie geweet het dat dit dwelms bevat het nie.

Die staatsaanklaer het die hof versoek dat die vrou 15 jaar tronkstraf asook ʼn boete van R555 000 opgelê word. Die staat het 15 dae om teen die uitspraak te appelleer.

Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het aan Beeld gesê die Suid-Afrikaanse ambassade in Dubai was nie van die 31-jarige vrou se inhegtenisname of hofverskyning in kennis gestel nie.

Die dagblad het The Gulf News aangehaal wat berig dat die vrou baie oortuigend in die hof voorgekom het, en dat sy op die Bybel gesweer het dat sy onbewus was van die dwelms.

Sy is na bewering deur ʼn polisiebeampte, wat gedink het die vrou lyk verdag, by die Dubaise internasionale lughawe in hegtenis geneem. Die dwelms was versteek in vals bodems van vyf sakke.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

akram ·

het geweet van pakkies in haar bagasie, in n versteekte vals bodem?? hoekom was daar n vals bodem gewees? waarvoor was daar n valsbodem gewees? die feit dat sy geweet het van die pakkies is klaar n aanduiding dat sy betrokke was by iets onwettigs.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.