Dwelmmuil in Durban gevang

dwelmsʼn Vermeende dwelmmuil, ʼn 53-jarige vrou, verskyn binnekort in die hof nadat sy Sondag by die King Shaka-lughawe in Durban in hegtenis geneem is.
Die vrou is glo met kokaïen met ʼn geskatte straatwaarde van R540 000 betrap.
Kapt. Thulani Zwane het gesê die polisie het inligting ontvang dat die vrou, wat van Dubai na Suid-Afrika gereis het, moontlik dwelms by haar het. “Die polisie het die vrou met haar aankoms deursoek en op die kokaïen afgekom. Die dwelms was in foelie toegedraai en aan haar lyf vasgeplak,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.