Dwelms in sy dikderm

Argieffoto

ʼn 26-jarige man van Oudtshoorn in die Wes-Kaap is met dwelmmiddels in sy dikderm betrap.

“Die polisie het op ʼn wenk reageer en ʼn Volkswagen Polo Saterdagmiddag op die N12 tussen Oudtshoorn en George afgetrek,” het kaptein Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. Die voertuig is deursoek maar geen dwelmmiddels is opgespoor nie.

Tekens van die man se angs het die polisie agterdogtig gemaak en hulle het hom na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. “X-straalplate het die twee kapsules in sy dikderm uitgewys. Die man het dit vrywillig passeer. Die polisie het beslag gelê op 99 Mandrax-tablette en vier gram tik met ʼn beraamde straatwaarde van nagenoeg R7 140,” het Steyn gesê.

Die man sal Maandag in die landdroshof in Oudtshoorn verskyn op aanklag van die besit van dwelmmiddels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.