Dwelms in teddiebeer gevind

81ZPqnOryZL._SL1500_Mandrax-tablette met ʼn straatwaarde van R250 000 is in ʼn teddiebeer gevind, het die polisie in Gauteng gesê.

Lt. Juanita Coetzer, woordvoerder van die polisie, sê die teddiebeer is in ʼn boks by ʼn koeriermaatskappy in Boksburg aan die Oos-Rand gevind nadat die polisie op ʼn wenk reageer het. Sy sê die tablette was in 27 deurskynende plastieksakkies verpak en in die teddiebeer weggesteek. Coetzer sê die polisie soek tans na die verdagte wat die pakkie na koeriermaatskappy gebring het vir aflewering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.