Dwelms, wapens by skole gekry

Die polisie in die Noord-Kaap het op gevaarlike wapens en dagga beslag gelê by nege skole in Galeshewe, Kimberley.

Luit. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê daar is Dinsdag en Woensdag op versoek van skoolhoofde en ouers klopjagte by die skole gehou. “Klaskamers, badkamers en stoorkamers op die skoolperseel is deursoek…die polisie het op messe, pangas, gebreekte spieëls en ander gevaarlike wapens beslag gelê.” Kock sê die polisie het ook die omliggende areas deursoek aangesien hulle weet daar word dwelms verkoop. “Ons het op dagga beslag gelê wat in ʼn gat buite een van die huise begrawe was. Die dagga het ʼn straatwaarde van sowat R3 000.” Kock sê niemand is in hegtenis geneem nie maar daar sal interne dissiplinêre stappe teen die kinders wat gevaarlike wapens by hulle gehad het geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg Net ·

Nege skole in een plek? Is dit as gevolg van onderwysers wat nie omgee nie, onbetrokkenheid van ouers? polisie wat nie hulle werk doen nie, die sosio ekonomiese toestande waarin die mense woon of wat is die probleem. Die grootste vraag is seker hoe om dit te stop? Hierdie is ‘n swart gemeenskap en ek glo dat as dit in skole so gaan gaan dit orals en by hulle huise ook so.
Die mense krepeer van die die ellende maar geld vir dwelms, en dit vir kinders is daar altyd.

Stoere Boer ·

Deesdae is daar in omtrent elke skool dwelms en kinders wat gevaarlike wapens by hulle het. Ja ongelukkig word daar in meeste gevalle gesteel om geld te kry vir dwelms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.