Dwelmslaaf vas na gyselaarsdrama

ʼn 25-jarige vermeende dwelmverslaafde is in hegtenis geneem nadat hy na bewering vier mense aangehou en glo een van hulle verkrag het in Eersterivier in die Wes-Kaap.

Die man het volgens die polisie vroeg gisteroggend by sy tante se huis opgedaag waar hy ʼn 36-jarige man, twee seuns van 10 en 15 jaar en ʼn 15-jarige meisie met ʼn mes aangehou het. Hy het glo die meisie voor die twee seuns verkrag. Met die tante se terugkeer na die huis het die man haar geryp en haar ook probeer aanhou. Sy het glo gevra om die badkamer te gebruik waarna sy ontsnap het en die polisie gebel het. Die polisie en ‘n taakspan het by die huis opgedaag, waar hulle die verdagte oorrompel het. Die man, wat in ʼn psigiatriese hospitaal onder polisiebewaking is, sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Intussen was daar nog ʼn gyselaardrama gister by die Kameeldoring Lodge, sowat 5km van Vryburg in Noordwes. Volgens die polisie het ʼn 31-jarige man ʼn 24-jarige vrou en haar 4-jarige dogtertjie met messe aangehou. Die man het op die vlug geslaan toe hy die polisie gewaar het. Toe hy vasgetrek is, het hy ʼn polisieman met ‘n mes probeer steek waarna hy deur die polisie doodgeskiet is. Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.