Dwelmtonnel ontdek

Foto van 'n soortgelyke tonnel wat in die verlede al ontdek is

Foto van ‘n soortgelyke tonnel wat in die verlede al ontdek is

Die owerhede in Amerika sê ʼn hoogsgesofistikeerde geheime tonnel is op die grens ontdek wat San Diego aan Tijuana, Meksiko, verbind.

Beamptes van immigrasie- en doeanehandhawing het Woensdag gesê die tonnel is onlangs voltooi. Beamptes het nie verdere besonderhede in die kort verklaring gegee nie.

Plaaslike media in Meksiko het foto’s van die tonnel naby die Tijuana-lughawe gepubliseer. Alberto Capella, Tijuana se hoof van gemeenskapsveiligheid, het aan die Associated Press gesê ʼn ondersoek is aan die gang en hy kan dus nie verdere besonderhede verskaf nie.

Dosyne tonnels is reeds die afgelope paar jaar op die grens ontdek. Die tonnels word hoofsaaklik gebruik om dagga na Amerika te smokkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.