“Dwelmverslaafde” braai en eet hondjie

Argieffoto

ʼn Man van Kaapstad is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn babahondjie op ʼn oop vuur gebraai en geëet het.

Die Daily Voice het Vrydag berig die 43-jarige man van Mitchell’s Plain is in hegtenis geneem op aanklagte van dieremishandeling en oortreding van die dierebeskermingswet. Die man is glo ʼn dwelmverslaafde. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sê dit is een van die ergste voorvalle wat hulle ooit teëgekom het.

“Toe ek met die man gepraat het, het hy gesê hy het die hondjie se nek afgesny, hom afgeslag en toe gebraai en geëet,” het Peter Eccles, ʼn NDBV-inspekteur, gesê.

ʼn Volwasse hond met ses babatjies is in die man se plakkershuis gevind en gered. Die polisie het die voorval bevestig. Die man moet binnekort in die hof verskyn.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.