Dwelmverwysing op muur van antieke skool

Antieke dwelm

Die antieke verwysing na dwelms

Argeoloë het ‘n verwysing na dwelmgebruik op die mure van ‘n antieke Egiptiese skool van sowat 1 700 jaar gelede gekry – maar dit was klaarblyklik deel van die leerplan.

Die skool is in ‘n oase sowat 200 kilometer wes van die Nyl in die woestyn gevind. Egipte is destyds deur die Romeine regeer, maar Grieks is nog algemeen gebruik. Die inskrywing verwys na ‘n deel van die verhaal van Troje, toe die skone Helena ‘n drankie aan haar gaste gegee het wat smart en trane verdryf. Die argeoloë meen dit het waarskynlik na opium verwys.

Die skool was net ‘n kort rukkie in gebruik, en het waarskynlik opgehou bestaan toe die onderwyser dood is of verhuis het. Die gebou het toe deel van ‘n nabygeleë huis geword.

Bron: Live Science. Volledige artikel kan hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.