Dwelmvonnis van minister se eksvrou verswaar

Sheryl Cwele. Foto: Shan Pillay/SAPA

Sheryl Cwele, eksvrou van Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, se vonnis weens dwelmhandel is gister in die appèlhof verswaar.

Die appèlhof het Cwele en Frank Nabolisa, haar medebeskuldigde, se vonnisse van 12 tot 20 jaar verswaar. Cwele en Nabolisa is in Mei 2011 daaraan skuldig bevind dat hulle ’n dwelmmuil, Tessa Beetge, gebruik het om kokaïen van Brasilië na Suid-Afrika te smokkel. Beetge is in 2008 met 10 kg kokaïen by haar betrap en sewe jaar tronkstraf opgelê in Brasilië. Nabolisa was sedertdien in aanhouding terwyl Cwele vroeër op borg van R100 000 vrygelaat is. ʼn Volbank regters het Cwele en Nabolisa se 12 jaar vonnisse as “ontstellend onvanpas” beskryf. Cwele moet nou aanmeld om haar vonnis te begin uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.