Dwerg van KZN word vermis

Nadia van Wyk

Nadia van Wyk

Nadia van Wyk (20) is Dinsdag laas by haar huis in Hillary, Durban, gesien.

Sy het bruin oë, ligbruin hare met blonde strepies, is 1.1m lank en weeg ongeveer 78kg. Sy het ʼn blou denim en ʼn T-hemp met ʼn Sponge Bob-karaktertjie voorop, aangehad.

“Sy is by haar huis in Dorsett Place, Hillary, weg sonder om vir enigiemand te sê waarheen sy op pad is,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Zwane het Van Wyk nooit haar huis verlaat sonder ʼn lid van haar nabye familie nie.

Enigiemand met inligting oor waar sy haar kan bevind word versoek om met die polisie in Bellair of Missing Children SA in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.