Dyke ondersoek na aardbewing in Nederland

Groninge-aardbewingSpesiale ondersoekspanne is aangestel om dyke vir moontlike skade te ondersoek, na ‘n aardbewing Donderdagoggend in die gasveld van Groningen voorgekom het.

Die aardbewing het drie op die Richterskaal geregistreer, wat onder die hewiger aardbewings vir die streek tel.

Die gaswinning in die streek is al ‘n geruime tyd in die spervuur, en ‘n groot veldtog word teen hidrobreking gevoer, omdat die gereelde skuddings met gaswinning in verband gebring word. Die owerhede verwag dat dit ‘n skudding van tussen vier en vyf op die Richterskaal kan oplewer.

Die jongste skudding het meer as 30 aanmeldings van skade aan mure van huise opgelewer.

Die aardbewing was egter te lig om op die Amerikaanse USGS se aardbewingkaart van die wêreld aangedui te word. Die afgelope aantal maande het die aarde nog geen werklike groot aardbewing beleef nie. Woensdag het ‘n skudding van 6,9 op die momentmagnitudeskaal in die noordweste van China voorgekom, gevolg deur verskeie naskokke, maar is meer as 200 kilometer van die naaste groot sentrum. Naskokke kom steeds by Lixourion in Griekeland voor waar twee skuddings van M6,1 die afgelope paar weke betreklike groot skade aangerig het.

Bron: Trouw, USGS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.