E-tol: Appèl in Augustus aangehoor

Cosatu het gewaarsku dat die federasie weer protesoptogte sal hou as die e-tolstelsel nie finaal geskrap word nie.

Die konstitusionele hof sal betoë oor die e-tolsaak op 15 Augustus aanhoor.

Dit volg na regter Bill Prinsloo op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria ’n hofbevel teen die inwerkingstelling van die e-tolstelsel toegestaan het. Die hofbevel is deur die Bondegenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) ingedien.

Die hofbevel verbied Sanral om tol op Gautengse paaie te hef alvorens die hele stelsel en besluite daaroor in ’n hersieningsverhoor ondersoek is. Die regering het teen dié beslissing kapsie gemaak.

Volgens Wayne Duvenhage, Outa se voorsitter, het die hof Woensdag aangedui dat hy in Augustus die regering se aansoek om verlof tot appèl sal aanhoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae