E-tol: Cosatu betoog weer teen ʼn slakkepas

Argieffoto

Argieffoto

Cosatu hou Vrydag weer ʼn slakkepas-betoging in Johannesburg oor die omstrede e-tolstelsel.

Cosatu het motoriste versoek om by die betoging aan te sluit en het gesê hulle verwag dat meer as 100 voertuie gaan deelneem.

Die roetes wat deur die protes geraak gaan word, is die M1, N1, N12 en M2. Die vakverbond het laat weet hulle gaan vir die hele dag tydens besigheidsure teen ʼn slakkepas ry. Die optog begin om 09:00 by Cosatu House.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie het gesê Cosatu het toestemming gekry vir die optog. Minnaar het gesê die konvooi mag nie al die bane van die snelweg versper nie en betogers mag ook nie op die snelweg stilhou, of uit hul voertuie klim nie.

Hulle gaan Dinsdag ʼn soortgelyke aksie in Ekurhuleni hou. Die konvooi gaan 09:00 by die Mbhoro-kerk afskop waarna hulle na die N3, R24 en R21 gaan beweeg. Hulle beplan ook ʼn wegbly-aksie om ʼn optog te hou vir 14 November. Hulle is nog in besprekings met die metropolisie oor dié geleentheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leon ·

Hulle kan maar alles los. Zumpie het klaar besluit hy en sy fat cats kort geld om hulle uitspattige leef wyse vol te hou.

Trippie ·

Nee, hulle moenie los nie – hulle moet dan juis daardie hekke gaan verwoes om ‘n punt te maak (hulle is mos goed met “destruct en destroy” !

Seg ·

Hulle kan nou maar betoog net soos hulle wil. Dit sal en gaan niks help nie. Hoe gouer hulle dit instel en die mense betaal nie hou gouer sal dit afgeskaf word. Hierdie hele stelsel se sukses hang van die motoris af of hulle gaan registreer en of gaan betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.