E-tol dalk na grondwethof

Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) het bevestig dat hy die beëdigde verklarings van die Tesourie, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en vier ander partye ontvang het nadat hulle stukke ingedien het by die konstitusionele hof teen ʼn interdik teen die e-tolstelsel.

Outa se voorsitter, Wayne Duvenhage, sê hul regsverteenwoordigers is tans besig om die verklarings na te gaan en ʼn respons voor te berei om die appèl te verdedig. Die regering het verlede week bekendgemaak dat hy teen regter Bill Prinsloo se interdik teen die inwerkingstelling van die e-tolselsel wat op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria toegestaan is, sal appelleer. Duvenhage het sy teleurstelling uitgespreek in die regering se besluit om teen die interdik te appelleer. “Deur dit te doen wys hulle daarop dat hul wil voortgaan met Sanral se oneffektiewe en ongeregverdige e-tol planne.” Duvenhage sê Outa het die afgelope twee weke drie vergaderings gehad met die LUR vir vervoer, Ishmail Vadi, rakende die e-tolstelsel. “Tydens ons laaste vergadering met Vadi het ons geglo dat daar ʼn beter verstandhouding was oor hoekom Outa die tolstelsel teenstaan. Dit is teen die agtergrond dat ons teleurgesteld is deur die regering se besluit om die interik teen te staan en voort te gaan met die saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.