e-Tol dalk na meer provinsies

As die e-tolstelsel in Gauteng in werking gestel word, is dit net ‘n kwessie van tyd voor dit na ander provinsies versprei. So sê Wayne Duvenhage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), nadat die grondwethof Donderdag die interdik teen die inwerkingstelling van die e-tolstelsel ter syde gestel het.

Pieter Conradie, ‘n regsverteenwoordiger vir Outa, het aan Jacaranda 94.2 gesê die uitspraak beteken die stelsel kan enige tyd in werking tree. Hy sê egter die uitspraak het nie ʼn negatiewe uitwerking op die hersieningsaansoek gehad wat in November gaan voorkom nie.

Intussen het die sanger Steve Hofmeyr gesê hy gaan nie vir e-tol registreer nie. Dit volg nadat die burgerregte-organisasie AfriForum ʼn beroep op motoriste gedoen het om nie vir e-tol te registreer nie. Lees meer hier.

Cosatu het ook vandeesweek gesê hy sal die e-tolstelsel met alles tot sy beskikking beveg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.