E-tol: Duisende openbarevervoer-operateurs kwytgeskeld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Totaal van 45 700 openbarevervoer-operateurs is sover kwytgeskeld van e-tol in Gauteng, het die departement van vervoer Woensdag gesê.

“Diegene wat vir hierdie kwytskelding kwalifiseer, is openbarevervoer-operateurs wat in die besit is van die geldige permitte en bedryfslisensies en wie se voertuie op die eNatis-stelsel geregistreer is,” het Octavia Mamabolo, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

“Die oorgrote meerderheid van diegene wat kwytgeskeld is, is minibustaxi’s in die provinsie.”

Operateurs wat daagliks pendelaars van naburige provinsies na Gauteng bring kan ook vir kwytskelding kwalifiseer en moet by die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) registreer.

“Operateurs van ander provinsies wat passasiers net soms na Gauteng vervoer, kwalifiseer nie vir kwytskelding nie,” het Mamabolo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

henk venter ·

ONGELOOFLIK!! Hoekom is ek nie verbaas nie? Petrol “levies” vrystelling van tolgeld. En WEEREENS is dit NET ‘n sekere deel van die gemeenskap wat die korrupste regering en hul private bondgenote onderhou. Ek stel voor die ANC, die regering, sanral en hulle bondgenote gaan slaan die geskiedenis van napoleon boneparte en die franse rewolusie na…..

Alta ·

Hierdie is net weer ‘n verkiesingsfoefie, dit is juis oorlaaide taxi’s wat die paaie so vernietig, nie eens gepraat van al die ongelukke wat hulle veroorsaak nie. Nou word hulle vrygeskel ?????

Sarie van Niekerk ·

Wag maar Alta laat die taxi-, vragmotor- en busbestuurders maar net eers hul kruisies agter die ANC getrek het in volgende jaar se verkiesing dan gaan hulle ook skielik moet betaal. Hierdie e-tol-affere gaan nog die grootste burgerlike-weerstand in ons land se geskiedenis veroorsaak. Sien juis nou daar is R290 miljoen bestee om spesiaal ‘n teerpad na Zuma se strooispaleis te bou!

Sarie van Niekerk ·

En die spul by Sanral is te onnosel om agter te kom dat dit juis die feit dat taxi’s en vragmotors en busse nie e-tol betaal nie, is wat die res van ons so in opstand bring. Wie gebruik die paaie die meester? Die taxi’s, vragmotors en busse en dan word die taxi’s se brandstof ook nog gesubsidieer

Johanna ·

Wat ‘n onregverdige aksie is dit darem. Stem saam met die aandeel aan padongeluke met gepaardgaande beskadiging van padoppervlakte. Is hulle bang vir taxi-optrede? Natuurlik speel komende verkiesing ook ‘n rol. En moenie dink die vrystelling van tol en brandstof subsidie help vir laer taxi tariewe. Ek dink taxi eienaars rol in die geld. Laaste maar nie die minste, die witman dok maar weer op. Nerens versagting vir hulle. Doen die minste skade, betaal die meeste.

cheetah ·

Dit is 740000 mense in een rigting as elke taxi net een keer per dag ry. Maar hulle doen nie. Ons kyk na tenminste 2mil per dag. As die ANC net 2 derde stemme werf hier kan ons hulle nie wen nie. Alles is so regverdig hier in ons SA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.