E-tol gaan klein besighede glo “doodmaak”

e-tollʼn Sakeman aan die Oos-Rand van Johannesburg het Maandag gesê die e-tolstelsel sal klein ondernemings in Gauteng “doodmaak”.

“E-tol kan klein besighede skade berokken,” het Sizwesonke Ncgobo, ʼn sakeman van Tembisa, gesê. “As ons in Gauteng reis en jy tel die aantal e-tolhekke tussen Centurion en die Jukskei[rivier], is daar vier hekke waardeur ek ry. En ek ry daagliks omtrent vier keer dié pad.”

Ncgobo is al 16 jaar lank die eienaar van ʼn kleinsake-onderneming en besit vier taxis en ʼn klein kruidenierswinkel in Vusimusi in Tembisa. Hy het al reeds sy vier voertuie registreer, maar sê ʼn alternatiewe oplossing moes oorweeg word. “Die regering moes eerder die bestuurderslisensiefooie vir motoriste verhoog het en die ekstra bedrag vir die paaie gebruik het, eerder as om mense te dwing om elke maand die bedrag oor te betaal.”

Ngcobo het joernaliste in Tembisa, oos van Johannesburg toegespreek toe die Demokratiese Alliansie ʼn besoek daar afgelê het.

Ian Ollis, DA-LP en Mmusi Maimane, premierskandidaat vir Gauteng, het Tembisa besoek om ʼn aanduiding te kry hoe kleinsake-ondernemings deur e-tol geraak gaan word. “Tembisa is presies wat jy rondom jou sien, arm en werkloos,” het Maimane gesê. “Tolhekke beteken dat entrepreneurs die besluit moet maak om óf tolgeld te betaal óf mense in diens te neem en ons is in ʼn stadium waar ons werkskepping moet bevorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Verkeerd ou beer, ons belasting gaan reeds vir die onderhoud van paaie, ens.

Hoeveel van die taxi-bestuurders beskik in elkgeval oor ‘n WETTIGE bestuursderslisensie.

Ek WEIER steeds om e-tol skryfie te koop.

Annoniem ·

Weer verkeer Trippie.

As belastinggeld maar net vir paaie gegaan het.
Belastinggeld gaan om die regering se skuld terug te betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.