E-tol hersieningsaansoek begin vandag

Argumente oor die implementering van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Pretoria gehoor word wanneer die hersieningsaansoek van die omstrede stelsel begin.

Regter Bill Prinsloo het op 28 April vanjaar ʼn interdik teen die implementering van die e-tolstelsel toegestaan. Die aansoek is gebring deur die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa). Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die tesourie het teen die hofbevel geappelleer. In September vanjaar het die grondwethof die interdik ter syde gestel. Wayne Duvenhage, voorsitter van Outa, sê hulle sal vandag redes aanvoer oor hoekom die e-tolstelsel nie geïmplementeer moet word nie.

Maroela Media het verlede week berig dat die ontrekking van ʼn wetsontwerp in die Nasionale Vergadering tot gevolg het dat die e-tolstesel nie voor die einde van die jaar ingestel sal word nie. Die omstrede wetsontwerp sal na verwagting nou eers in Februarie volgende jaar in die parlement bespreek word. Cosatu sal intussen voortgaan met sy massa-aksie teen e-tol op 30 November.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.