E-tol: Hof gee uitspraak

hofhamertjie-2-320x264

Die appèlhof in Bloemfontein het pas uitspraak gelewer oor die inwerkstelling van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.

Die appèlhof het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA) se aansoek van die hand gewys. OUTA het appèl aangeteken teen regter Louis Vorster se uitspraak op 13 Desember 2012 dat die e-tolstelsel in Gauteng kan voortgaan. OUTA het aangevoer dat daar baie foute in die uitspraak was.

OUTA het aangedui hulle sal later ʼn persverklaring uitstuur oor die uitspraak en wat die volgende stap sal wees.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Maandag gesê die e-tolstelsel kan voor die einde van die jaar in werking tree. “Ons het verlede week die regulasies finaliseer en gaan vandeesweek die tariefstruktuur uitwerk, waarna dit aan die publiek bekend gemaak gaan word,” het Peters gesê. Die tariewe sal vir 30 dae lank publiseer word, waartydens die publiek kommentaar daaroor kan lewer. “Na die 30 dae sal dit tussen sewe en 14 dae neem voor die e-tolstelsel in werking tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Conrad ·

Stuur maar vir my die rekening. Groot asb en dan sien ons of julle dit gaan kan hanteer.

Mme ·

OUCH!!!! Wat help al die petisielyste/optogte ….. absoluut niks!!!! ANC steur hulle net nie daaraan nie .. gaan maar net voort!!!!

Conrad ·

Ek sê weer. As jy nie ‘n e-tag koop nie, moet hulle vir jou ‘n rekening stuur. Of verstaan ek die wetgewing verkeerd? Beteken dit omdat No 1 die wetgewing geteken het, ek moet ‘n e-tag koop? Wie gaan my dwing om een te koop? Definitief nie die regering nie. Hulle gaan nie die rekeninge uitstuur kan hanteer nie.

Eben ·

Jammer OUTA ….. miskien moet n paar outa’s onder die e-tol inklim en plumber!

Conraad ek lees jou en gelukkig werk ek in Malelane en hier is nie daardie e-tol (vir tans) maar ons moet oppas dat hulle nie pos stuur en dit met ONS belasting gelde. Weereens is ons klei in die korrupte regering se hande maar die verkiesing kom nader … vinnig nader en hulle gaan hulle allies sien!

Solly ·

Stem saam met al die vorige kommentare. Wil dit net beklemtoon dat dit ‘n algehele fiasko gaan wees en dat dit ‘n vinnige dood sal sterf met wit olifante wat al die hoof weë sal bederf

Ron Reynolds ·

Jammer vir die korrup ANC “regering” maar hierdie man gaan NIE betaal nie. As hulle vir my ‘n rekening stuur sal ek dit onder “VB’ liaseer…in die VULLIS BLIK!!! En hulle kan my prober kom haal…!!!! Net soos die onwettige spoed dagvaardings wat ons deur die pos ontvang absoluut niks werd is nie want dis nie wettig op jou gedien nie…

Marlene Hanekom ·

Ek stem heelhartig saam met elkeen se kommentaar en ek het nog nie en sal ook nie registreer nie.My man ry daagliks van Johannesburg na Midrand. Ons het eenvoudig net nie die geld beskikbaar om nog uitgawes tot ons begroting te voeg nie. Ongelukkig is dit so dat die satans gespuis van ‘n ANC regering profesionele is op die gebied van steel, korrupsie, ens.Ja dit is so hulle sal nie kan byhou met die 1000de briefe wat uitgestuur sal moet word nie, al wat hulle dan gaan doen is die ”uitstaande” bedrag eenvoudig by die jaarlikse voertuiglisensiegelde voeg. Ons sal dan nie ons lisensies kan uitneem tensy die volle bedrag betaal word.Wat staan ons dan te doen. Die enigste manier om vry te kom van die spul skelms is ‘n Volkstaat waar ons deur ons eie regeer word en nie moet k.. en betaal vir die gemors nie.

Gerda ·

Al wat ek graag wil weet: Wat het van ons DEMOKRATIESE REGTE geword, Of word dit gerieflikheidshalwe vergeet noudat die land(of Gauteng) vir ‘n slag saam staan en die ANC nie weet hoe om dit te hanteer nie. Viva SA Burgers

Dries ·

Hoekom is ek nie verbaas oor die uitslag nie????? Ons howe is so in die regering se agterente opgekruip dis nie eers meer snaaks nie!!!
Vat julle tolhekke, e-tags en alles wat daarmee gepaardgaan en druk dit dwars op daar waar die son nie skyn nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.