E-tol: Hof sê oor VF+-aansoek

hofhamertjie31Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag uitspraak gelewer nadat die Vryheidsfront Plus ʼn interdik wou bekom in ʼn laaste poging om die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë te keer voor dit Dinsdag in werking tree.

“Die saak is van die rol geskrap weens ‘n gebrek aan dringendheid,” het regter Maria Jansen gesê.

Sy het gesê die aansoeker soek verreikende verligting, maar kon nie daarin slaag om ‘n behoorlike saak te maak nie. Jansen het gesê die grondwetlike kwessies wat verband hou met die saak is ingewikkeld, en dat dit implikasies vir die skeiding van magte inhou.

Die e-tolstelsel tree om middernag in werking.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rondom Lelik ·

Al wie dit kan laat werk of misluk is die publiek wat daardie paaie gebruik. Betaal en dit word landwyd ingestel. Weier om te betaal en dit is ‘n mislukking.

Elize Mans ·

Ja dit is eintlik onregverdig die E-TOLL Stelsel.Want dit gaan meestal die Gautengers wees wat moet betaal.En as daar nou n kar van n ander deel in Suid Afrika op vakansie ry,gaan hulle ook n rekening kry.
Nou hoor ek hulle wil die mense dwing om met treine en busse te ry,maar wat van mense wat kliente moet gaan sien,hulle kan nie van n bus gebruik maak nie.
Ek het al gewonder hoekom ons Lisensies betaal,was dit dan nie vir die herstel van paaie nie?.

Peter Says ·

Elize, so het hulle gese ja, maar dit was beslis nie aangewend vir die doel nie.

Conrad ·

Weet julle hoeveel 5c tel ek in die middestad waar ek werk op? Nou, 10c, 20c en 50c is mos ook geld. Nou ‘n vraag. As ek byvoorbeeld by Stormvoel afrit op die snelweg klim, betaal ek R6.60. Waarvoor betaal ek hier R6.60 en dan ry ek ‘n kilometer of twee verder om weer deur e-toll getol te word. Nou het ek so gedink. As almal by die Bakwena tollhekke met al daardie brons geld betaal, gaan hulle baie vinnig ‘n probleem ontwikkel met al die brons geld wat hulle gaan hê. Ek gaan nie ‘n e-tag kry nie, maar dink bietjie as diegene wat gaan betaal as hulle ‘n rekening kry, daardie rekening met brons geld by die e-tollie kantore gaan betaal. Brons geld is geld en hulle moet dit aanvaar.

eilleen ·

dis die taxis en busse en trokke wat die paaie oorvat en verniel nie die kare nie hoekom moet die gewone man e tol betaal maar die goed wat die meeste skade veroorsaak hoef nie . Dit maak nie sin nie of is dit net weer n manier om die gewone man uit te byt soos gewoonlik. Of het ons leiers geld nodig om hulle mansions en klomp vroue en kinders vol te stop. Ek vir een sal nie e tol koop nie vergeet maar laat die leiers wat soveel geld in hulle eie sakke stop die pension geld terug betaal. Of is mansions en duur karre meer werd vir hulle as hulle bevolking

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.