E-tol in grondwethof

Die grondwethof sal na verwagting vandag ʼn aansoek aanhoor om ʼn hofbevel ter syde te stel wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) tydelik verbied om tolheffings op Gautengse hoofweë te hef.

Die hooggeregshof het op 28 April ’n dringende interdik teen die stelsel se instelling toegestaan hangende ’n hersieningsaansoek. Die aansoek is deur die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) gebring. Sanral en die tesourie het appèl aangeteken teen die beslissing. Pravin Gordhan, die minister van finansies, voer aan dat regter Bill Prinsloo die beginsel van “die skeiding van magte” geïgnoreer het. Hy sê die besluit om die implementering van die e-tolstelsel te vertraag sal ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie hê. Outa het in reaksie hierop gesê Sanral is nie gereed om die projek van stapel te stuur nie. Die hooggeregshof in Pretoria sal op 26 November verdere argumente in die saak aanhoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.