E-tol: “Massaprotes onwaarskynlik” – regering

e-tagDie regering het Donderdag aangedui ʼn massaprotes oor die inwerkstelling van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë is onwaarskynlik.

“Die toename van die hoeveelheid mense wat al e-tolskyfies aangeskaf het, dui nie daarop dat daar ʼn groot hoeveelheid mense gaan wees wat gaan betoog nie,” het Phumla Williams, hoof van die regering se kommunikasiediens, gesê.

“Ons glo ons is ʼn land van wetsgehoorsame inwoners en ʼn groot hoeveelheid het al vir e-tol geregistreer.”

Sy het gesê die ongelukkigheid oor die e-tolstelsel was aanvanklik oor die hoë tariewe, en nie omdat motoriste teen die beginsel was om vir beter snelweë te betaal nie. “Die kwessie oor die hoë tariewe is wel aangespreek.”

Intussen het die kabinet Woensdag se uitspraak in die appèlhof in Bloemfontein verwelkom wat die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA) se aansoek van die hand gewys het. OUTA het appèl aangeteken teen regter Louis Vorster se uitspraak op 13 Desember 2012 dat die e-tolstelsel in Gauteng kan voortgaan. OUTA het aangevoer dat daar baie foute in die uitspraak was.

“Die kabinet versoek motoriste om die wet te gehoorsaam, goeie burgerskap te toon en hul bydrae te maak om Suid-Afrika ʼn beter plek te maak deur vir e-tol te registreer, en vir die wêreldgehaltepaaie te betaal,” het Williams bygevoeg.

Williams het gesê Dipuo Peters, die minister van vervoer, sal aankondig wanneer die stelsel in werking gaan tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Melissa ·

Dit klink vir my so!!!!

Ek sal nie ‘n e-tag koop nie, maak nie saak wat hulle sê nie!!

Gawie Botha ·

,,ek hoop nie die motoriste val vir hierdie “bluff” van sy bemarkings personeel,dat soveel duisende reeds geregistreer het,,,,,,,,,,,,,hulle wens dit!

Griet ·

Stem saam. Hulle maak nooit syfers bekend nie. Volgens projeksies is daar 3.5 Miljoen voertuie in Gauteng.

Ek sal graag die volgende wil weet – Hoeveel registrasies is daar en hoeveel registrasies is:
– Staatsdepartement-voertuie
– Munisipale voertuie
– Vlootvoertuie
– Busse en Taxi’s (Hoewel busse en taxi’s nie e-tol betaal nie, moet hulle registreer om vrygestel te word – of verstaan ek verkeerd?)

Justi ·

Ja en op my voorkop staan “puttykop” geskryf? Hou maar daardie skyfie hoor? Ek verkies om aartappel skyfies te koop met baie sout en asyn.

Erich Goosen ·

Dit sal ‘n fout wees as die ANC die tolpadstelsel afmaak as iets wat onbelangrik is. Daar is aanvanklik gedink dat Marikana ook ‘n storm in ‘n teekoppie was maar dit het ontplof.

Jaco ·

Ja ons is ‘n land van wetsgehoorsame burgers, net jammer dat die meeste van ons leiers nie is nie.

Met meer as 70% van hulle wat on-opgelei, misdadigers met rekords is, alkholiste is………..ai dit is jammer dat die regerende party hulle kieser basis so onderskat. Wonder wat gaan gebeur as taxigeld nou opgaan, kos, krag ens…..

Wonder of die e tol stelsel proundly ANC hulle stemme sal verhoog.

Piet. ·

‘n Mens kan nie glo dat Phumla Williams so naief kan wees om te sê dat ons nie vir e-tol wil betaal nie. Ons besware is :-
(a) dat die groot bedrag wat in elke liter petrol wat ons koop vir die doel van nuwe paaie en opgradering/onderhoud van die bestaande paaie gladnie vir die doel gebruik word nie.
(b). Dat hierdie e-tol dus nou opnuut moet betaal sonder dat daardie heffing nou afgeskaf word.
(c). Dat hier ‘n struktuur geskep is wat so topswaar en onuitvoerbaar is dat die allergrootste deel van wat gaan inkom “iewers” naartoegaan, maar nog steeds nie aangewend sal word vir opgradering en nuwe paaie nie.
(d). Dat daar nie deursigtigheid sal wees van inkomste en besteding nie.
(e) Petrolheffing gee ‘n regverdige verdeling van inkomste en uitgawes. Provinsies met baie karre het ongetwyfeld ook baie meer paaie wat meer gebruik word en bring dus ook die grootste inkomste in.
Alhoewel dinge nou aan ‘n baie dun draadjie hang kan ons net hoop en bid dat hierdie hele saak nog deur die mat sal val omdat dit ‘n onding is wat ons land onherroeplike skade gaan berokken.
En daarom sal ons protesteer deur o.a. geen skyfies te koop nie, want “dis die regte ding om te doen !”

wllie ·

Wereldgehalte paaie………… Se gat man, dink die klomp dat almal dom is?

Fanie ·

“everything rises and falls with leadership” Maxwell. So ek se net aan die regering, “you first mr & mrs polotician” you lead the way to a law abiding country. Kom ons begin somer met No 1. en vertel n bietjie die waarheid oor die wapens EN NKANDLA, Selebi en die stadrade en, en, en dan kan die ANC met ons kom praat oor wets gehoorsaamheid. Die DA se artikle vanoggend oor die koste is n voorbeeld van oneerlikheid van die regering se kant. I mean really?

Fanie ·

“everything rises and falls with leadership” Maxwell. So ek se net aan die regering, “you first mr & mrs polotician” you lead the way to a law abiding country. Kom ons begin somer met No 1. en vertel n bietjie die waarheid oor die wapens EN NKANDLA, Selebi en die stadrade en, en, en dan kan die ANC met ons kom praat oor wets gehoorsaamheid. Die DA se artikle vanoggend oor die koste is n voorbeeld van oneerlikheid van die regering se kant. I mean really?

Oh and by the way, kom ons eet somer nog so bietjie Nandos while we are at it, somer so R132 000 worth, while we speak about law abiding citizens…

Fanie ·

Oh and by the way, kom ons eet somer nog so bietjie Nandos while we are at it, somer so R132 000 worth, while we speak about law abiding citizens…

Pieter Potgieter ·

Nee wat kyk die bybel se betaal die keiser wat hom toekom , maar hierdie keiser verdien dit nie meer nie hy vat al reeds te veel. Genoeg is genoeg ek sal maar wag vir n dagvaardiging en ook hof toe gaan met elke aanslag die howe is reeds te besig. Onsis nou moeg as wit mense altyd net te betaal en hulle hou net aan steel en vergryp. MOENIE E TOL. KOOP NIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.