E-tol: Motoriste gewaarsku

Argieffoto

Argieffoto

Motoriste moet binne sewe dae, nadat hulle hul e-tolfakture ontvang het, die rekening betaal of hulle sal aan skuldinvorderaars oorhandig word, het Sanral Sondag gesê.

“Daar is aansporingsbonusse in die skuldinvorderingsproses wat registrasie en die aanskaf van ‘n e-tolskyfie insluit,” het Nazir Alli, hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Padagentskap (Sanral), Sondag gesê. “Indien die skuldinvordering misluk, sal die Strafproseswet intree en betrokke motoriste sal gevolglik dagvaardings ontvang.”

Die e-tolstelsel begin op 3 Desember in Gauteng.

“Diegene wat vir e-tol registreer sal 40% afslag op tariewe ontvang,” het Alli bygevoeg.

Dipuo Peters, minister van vervoer, het vroeër Sondag by die perskonferensie by Sanral se kantoor in Midrand, diegene wat e-tol teenstaan veroordeel en gesê hulle moet “aan beweeg”.

“Die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) mislei motoriste,” het Peters gesê. Dié vakbond het e-tol kritiseer nadat Peters die datum, waarop e-tol in werking sal tree, aangekondig het. Die vakbond sê padgebruikers moenie volgende jaar vir die ANC stem tensy hulle die e-tolstelsel skrap nie. “Ek het nie verwag dat ‘n vakbond só iets sal sê nie,” sê Peters. “Ons het ná die verkiesing selfs meer paaie en goeie infrastruktuur nodig. Numsa mislei die publiek, tensy hy wil sê dat hy besig is om in ‘n politieke party te verander.”

Peters het die Demokratiese Allianse as “polities bankrot” beskryf nadat hulle advertensieborde teen e-tol langs die snelweë opgerig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

ag hulle mut maar hulle duim gaan suig vir al wat ek omgee. laat zuma dit betaal, lyk my hy het te veel geld.

cecile. ·

Wat sal met my geweer as ek nie registreer nie. Gaan net einde van Des. Kaap toe…

Eugene Van Staden ·

Jy klink amper al bang genoeg om te betaal dis juis wat hulle taktiek gaan wees. My raad aan jou is die tronke is oor vol waar gaan hulle jou sit? En soos een gebruiker reeds genoem het die bedrag gaan te klein wees om iemand te dagvaar vir dit maak geen sin nie….. Staan vas!

Sarie van Niekerk ·

En ons land se howe het net eenvoudig nie die mense, tyd of kapasiteit om al die oortreders te hanteer nie. Hier is groot chaos op pad

b j smit ·

wat gaan hulle doen my dagvaar vir die een of twee keer wat ek dit gaan ge bruik die dagvaarding sal meer as dit kos nie prakties moontlik nie

Theo ·

Ek sal onder die wet staan waar my handtekening ook onderaan staan.
Geen orobleem.
Maar waar daar geen demokrasie was nie en ek geen sê gegun was nie staan ek nie onder nie…

Eugene Van Staden ·

Ek sal dit nie betaal nie maak wat julle wil!!!!!!!!!!!!!
Julle maak my nie bang nie LOL

Skelms!!! Kyk hoe hoog is petrol en Tolgeld reeds!!!!!

Epos my dan gee ek julle my adres dan kom probeer julle my bang maak ok :)

Wolfy ·

Dag mense !

Kommandokorps en Radio Vryheid en al hulle lede SAL hulle verset teen E-Toll.

Sanral!! Ons sal ons lede teen julle beweegings beskerm en ons lede help om E-Toll te verset.

KK en RV

Sarie van Niekerk ·

Tipies ANC sodra hulle nie die land se samewerking kan kry nie, dan kom die dreigemente. Ek wil sien hoe gaan hulle kennisgeweings per geregistreerde pos binne sewe dae by die padgebruikers uitkry met die patetiese toestand waarin ons land se posdienste is. Wat van elke keer wanneer die possorteerders staak, wat minstens elke vier maande gebeur?

Mariana Vos ·

Baie dankie vir ‘n lekker webblad met interessante stories in goeie Afrikaans – meestal. Die regte Afrikaans vir Criminal Procedue Act is Strafproseswet.

Peter Says ·

RAAS!!!!! en BLAAS!!!!! Maar, maar ek glo julle gaan hierdie keer NIE die huisie omblaas nie, hierdie hele e-toll sage is n sinkende skip !!!!!

henk venter ·

so sanral, die skuld invorderaars is seker ook verbonde aan julle en julle korrupte binnegroep!

Piet ·

Hulle gaan jou oorgee aan die skuldinvorderaars sewe dae NADAT jy die rekening ontvang het. Daar is nog niks genoem dat hulle die rekeninge geregistreer gaan uitstuur nie, maar indien dit as gewone pos gestuur word, hoe gaan hulle vasstel wanneer, en of ek hoegenaamd die rekening wel ontvang het. Ek is mos ook nie onder ‘n verpligting om geregistreerde pos te aanvaar nie ? Stuur ‘n poskantoor onafgehaalde geregistreerde pos nie na ‘n maand terug na die afsender nie ? En moet ek die skuldinvorderaar nog betaal as ek vir hom sê : “My tjek is in die pos!” ??????

Piet ·

Dit is baie duidelik gestel dat rekeninge sewe dae NADAT motoriste hulle ontvang het aan skuldinvorderaars oorhandig sal word. Hoe gaan Sanral/ENatis vasstel wanneer ek dit, en of ek dit hoegenaamd wel, ontvang het ? Nog nerens het ek gelees of gewone of geregistreerde pos gebruik gaan word. In die laaste geval gaan die posdiens binne ‘n week vou a.g.v. teveel werksdruk. Verder, ek staan mos onder geen enkele verpligting om ‘n geregistreerde stuk af te haal nie ? Word dit nie na ‘n sekere tyd weer deur die poskantoor na die sender teruggestuur nie ?

Riaan ·

Jammer die volgende is in Engels – Het dit op e-mail gekry

HOW TO LEGALLY NOT PAY FOR eTOLLS

So kids, by way of a public service announcement, here is a 100% legal, fully above board way to NOT pay e-tolls…

1) Do not buy an eTag.

2) After the first 4-6 weeks of passing through toll gantries, send SANRAL aregistered letter, expressing your concern, that for the last 4- 6 weeks you have not received a payment request from them. You must state that you are COMPLETELY willing to pay the toll fees, but this cannot be carried out without a detailed invoice. Unreliable postal services could be to blame, so please would they send you your invoice by registered mail, to ensure you receive it. (This is a fully legal AARTO requirement for any letter of demand.)

3) Make a photocopy of your letter, get a COMMISSIONER OF OATHS to stamp the copy, and keep your registered mail receipt. Such a request could take months to be settled, and if you are fortunate, never at all due to the sheer volume of similar requests received. Should you finally receive a notification that a registered letter has arrived for you, take as long as possible to collect it. This method is based upon the fact that they do not use registered mail to send invoices. If one considers the past history of all traffic fines received, these all arrive by normal mail to prevent the high costs of registering letters.

4) Should SANRAL surprisingly, after a lengthy period, comply with (1) above, then send them a second CERTIFIED letter by registered post, requesting that they send you a photograph for every single gantry you have passed under for that month, proving that is was your car you that is being invoiced.( Perfectly legal and reasonable request from any motorist ). Such photographs obviously, you must request to also be sent by registered mail to ensure delivery. Also takes weeks to collect such registered mail, should it in the unlikely event, ever be posted. Explain that you have heard that certain motorists are using illegal false number plates and you therefore require the photographs to prove that it is definitely your car that is being charged. Such a request could takes months to be settled, or if you are very fortunate, never.
Consider the sheer volume of requests they should by now have received. If their system is not set up for such requests, which I am almost positive is the case. (Hope I am not wrong on this one) Can you imagine the difficulties and problem they will have, in trying to MANUALLY comply with the thousands upon thousands of similar requests received. To be really difficult, how about querying some of the less clear photographs taken at night.
Even if they come back to you asserting that the photographs are in their opinion, all perfectly readable, further delays will have been successfully applied.

5) Should SANRAL try to speed up communications by requesting your e-mail or fax number, or send you SMS’s, or trying direct contact by phone, I have considered very simple ways of negating each of such requests. I am not mentioning any of these methods, as I want to keep this article 100% above board, and free of any questionable actions.

6) In the unlikely event that all the above somehow be resolved, than obviously pay, but only for that particular month under review.

7) Start the whole lengthy procedure all over again, 4-6 weeks after the termination of the second month’s toll fees due. Continue with the same, for every individual month that follows.
Shouldnt take long for the whole system to fall over, if just 10% of the drivers do this,..

Copied from the Facebook page “12,728,400 Against E-Toll” 20 November 13

hyla snyman ·

duisende en duisende mense wat gedagvaar moet word, hulle kan nie eers die verkragters en moordenaars agter tralies kry nie, ons regsmense is kapoet gewerk, dream on!!!!!!die ANC sit met n reuse probleem,— hulle self.

hyla snyman ·

Dis nou tipies, al die tyd wat verby is en nie n sent ge-in nie. as sanral net 5c gevra het, sou dit al iets in die emmer gewees het pleks van niks, maar nee, die astronomiese bedrag moet nou opsluit betaal word, en daar gaan die tyd weer om sonder dat daar n sent inkom. Dis soos n man wat by die huis sit en nie vir R5000 wil werk nie want dis n belediging< intussen kom daar niks in vir kos vir sy gesin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.