E-tol: OUTA kort nog miljoene

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA) benodig nog R6 miljoen om sy regskoste teen die Gauteng-regering se e-tolstelsel te betaal.

Regter Bill Prinsloo het op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria ’n hofbevel teen die inwerkingstelling van die e-tolstelsel toegestaan wat deur Outa ingedien is. Die hofbevel verbied Sanral om tolgeld op Gautengse paaie te hef alvorens die hele stelsel en besluite daaroor in ’n hersieningsverhoor ondersoek is.

“Die fondse kom in, ons is halfpad daar,” het Wayne Duvenhage, die voorsitter van Outa, Woensdag aan Business Day gesê.

“Ons is vol vertroue dat ons betyds die nodige fondse sal genereer.”

OUTA het R10.8 miljoen nodig om die kostes van twee regsgedinge teen die e-tolstelsel te dek en het tans R4.8 miljoen ingesamel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.