E-tol: Poskantoor moet op sloerstaking gaan

poskantoorfietsWerkers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor is Donderdag deur die Kommunikasiewerkersvakbond (CWU), ʼn affiliaal van die vakverbond Cosatu, aangehits om oorlog te verklaar teen die e-tolstelsel in Gauteng deur op ʼn sloerstaking te gaan.

EWN het berig CWU voer tans loononderhandelings met die poskantoor. Die vakbond het glo sy lede aangehits om aanmaningsbriewe van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) aan motoriste, te vertraag. “Wanneer hulle ook al ʼn Sanral-brief sien om te prosesseer, moet hulle dit stadiger as ʼn slak doen, sodat dit ʼn ernstige impak kan maak,” het Aubrey Tshabalala, die woordvoerder van CWU, gesê.

Sanral moet aan elke motoris, wat gebruik maak van e-tolsnelweë in die provinsie en nie daarvoor geregistreer is nie, ʼn faktuur en opvolgkennisgewing deur die pos stuur, as aanmaning om te betaal. Die e-tolstelsel het Dinsdag in Gauteng in werking getree.  Tot dusver het die proses glad verloop en is daar geen groot probleme aangemeld nie.

Die verkeer het egter toegeneem op alternatiewe roetes geplaas wat druk plaas op Johannesburg en Pretoria se metropolisiebeamptes. Daar is gerugte dat dié stede se metropolisebeamptes ook op ʼn nie-amptelike sloerstaking is, maar senior beamptes van albei stede het dit ontken.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.