E-tol – Protes betree kuberruimte

ʼn Youtube-video is vandag gelaai wat die omstrede e-tolstelsel kortliks in meer perspektief plaas. Dit wys ook die menings van die gewone man op die straat wat almal eens is – die finansiële inpak op die alreeds swaargaande publiek, gaan net té erg wees. Die die organisasie wat dit opgelaai het staan as GinvaVProductions bekend. Dit is ʼn produksiemaatskappy wat hul talente en vaardighede gebruik om protes teen die e-tolstelsel aan te teken. Hulle het ook ʼn versameling van artikels uit verskeie media publikasies bymekaar gemaak wat wys waar die regering blatant belastingbetalers se geld vir nietighede ‘mors’ asook artikels korrupsie en beweerde korrupsie uitlig. Hulle boodskap is duidelik uit die video en versameling artikels: Belastingbetalers het nou genoeg gehad dat hul geld ‘gesteel’ word.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

frikkie ·

As die publieke vervoerstelsel 100% in plek was sou daar nie so n bohaai gewees het nie, maar nee IPV om die staatspensioen in die publieke vervoerstelsel te bele het hulle gaan nog wit olifante by die sokker olifante byvoeg.. Nou het BRT tot n stilstand gekom omrede daar geen meer geld is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.