E-tol: ‘Regering luister net as daar geweld is’

Die regering het erg onder skoot gekom Donderdagaand tydens die openbare verhoor in Johannesburg oor die omstrede e-tolstelsel.

“Julle gebruik bangmaaktaktiek om ons te kry om in te stem tot die e-tolstelsel. Die regering neem niemand ooit ernstig op nie tensy bande gebrand word en motors met klippe bestook word,” het ʼn ontstoke inwoner aan verteenwoordigers van die departement van vervoer en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gesê. “Julle gaan tolhekke sien wat brand en hoofweë wat met klippe bestook is aangesien julle nie luister nie,” het nog ʼn inwoners tydens die openbare verhoor in Sunninghill, Johannesburg gesê. Inwoners sê hulle sal enigiets doen om die omstrede stelsel teen te staan. “Ons sal betoog, in opstand kom en selfs op die hoofweg slaap as ons moet.” ʼn Verteenwoordiger van die Tesourie, Marissa Moore, sê daar is ʼn agterstand van R150 miljoen rakende die opgradering van paaie en dat die regering geld geleen het om te belê en die e-tolstelsel te implementeer. “Die stelsel het ten doel om opeenhoping om die hoofweë te verminder deur ʼn fooi te hef van gebruikers. Die doel is om mense te kry om van openbare vervoer gebruik te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.