“E-tol sal sterftes veroorsaak”

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika se Privaat Ambulans en Nooddienste-vereniging het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aanmaning, dat nie-regeringsambulanse e-tolskyfies moet gebruik as hulle op Gautengse hoofweë wil ry, veroordeel, het The Times Donderdag berig.

“Sanral sal privaat ambulansdienste forseer om van alternatiewe roetes gebruik te maak, wat op sy beurt tot vertragings in reaksietye op noodgevalle sal lei,” het Oliver Wright, die uitvoerende hoof van die vereniging, aan die koerant gesê. “Sanral se optrede sal onvermydelik sterftes veroorsaak.”

Volgens Wright het die vereniging se versoek, dat privaat ambulansdienste van e-tol vrygestel word, op dowe ore geval. Hy het beklemtoon dat nie-regeringsambulanse, net soos regeringsambulanse, ook pasiënte bystaan wat nie geld of mediese fondse het nie.

Vusi Mona, Sanral se woordvoerder, het gesê dit is onwaar dat nie-regeringsambulanse nie van e-tol kwytgeskel kan word nie. “Privaat ambulansdienste wat kwalifiseer, word wel kwytgeskel,” het Mona gesê. “Om te kwalifiseer vir vrystelling moet hierdie ambulanse ʼn e-tolskyfie bekom, registreer en dan vir kwytskelding aansoek doen. Privaat ambulansdienste word nie ‘forseer’ om alternatiewe roetes te gebruik nie.”

Werner Vermaak, die woordvoerder van ER24, het aan die koerant gesê al hul ambulanse landswyd is met e-tolskyfies toegerus.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GawieM ·

Ek het die e-tol pad 05-01-2014 gery en nog geen rekening gekry nie. Moet dit nie binne 7 dae betaal wees nie?

Sarie van Niekerk ·

Ek sit in dieselfde situasie Gawie, myne was nog in Desember gewees en onthou tog, die rekening (kennisgewing) moet per geregistreerde pos aan jou gestuur word, andersins is hy waardeloos

Meisie ·

Wat my verstand te bowe gaan, is waarom nooddienste moet betaal, maar die Taxi`s hoef nie te betaal nie??????????

Sarie van Niekerk ·

Dit is nou wat ek diskriminasie noem!!! Taxi’s hoef nie e-tol te betaal nie maar ambulanse, wat mense se lewens kan red ook die van slagoffers van die talle taxi-ongelukke in ons land, moet e-tol betaal. Daar gaan die prys van privaatambulanse alweer die hoogte in, iemand moet betaal vir die e-tol en dit gaan tog maar weer op die belastingbetaler (in die geval die pasiente) neerkom.

Skrik ‘n slag wakker Sanral en ANC en besef wat julle besig is om aan ons land te doen. Die lewe is al so duur mense kan nie meer leef nie, besef julle nie dit is julle mense wat julle kamma van onderdrukking verlof het, wat die ergste ly onder al jul onnosele besluite!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.