E-tol samesprekings begin vandag

Die finale ronde vir samesprekings oor die omstrede e-tolstelsel gaan na verwagting vandag begin.

Volgens die presidensie gaan die regering en die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA) met die eerste vergaderings begin oor die Gautengse Snelwegverbeteringsprojek, berig RSG.

Die partye gaan by die Uniegebou vergader. Thabo Masebe, ʼn woordvoerder van die presidensie, sê die regering het die publiek se kommer oor kostes van die e-tolstelsel in aanmerking geneem en sal volgende week daarop reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.