E-tol: “Meerderheid motoriste sal nie registreer”

etolhekke in gauteng

Justice Project South Africa (JPSA) glo dat die meerderheid motoriste steeds nie vir die Gautengse e-tolstelsel sal registreer of e-tolskyfies sal aanskaf nie. Howard Dembosky, die woordvoerder van JPSA, het gesê hy glo dat die regering uiteindelik sy rieme sal styfloop.

President Jacob Zuma het Woensdag die Wysigingswetsontwerp op Vervoerwette en Verwante Sake onderteken wat die weg vir die insameling van tolgeld namens Sanral baan. Die ondertekening van die wet gee aan Sanral die groen lig om e-tol op Gautengse hoofweë in werking te stel. Die kostes en intreedatum is nog nie bepaal nie.

Ian Ollis, die DA se woordvoerder oor vervoer, sê Zuma se ondertekening van die wysigingswetsontwerp was “voortydig en oneerbiedig van die regsproses”. Hy sê die wet is sedert Mei 2013 onder hersiening en dat Zuma kon gewag het tot die hoogste hof van appèl uitspraak daaroor gelewer het.

Die hoogste hof van appèl het Woensdag uitspraak voorbehou oor of die e-tolstelsel hersien moet word. Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het die appèlaansoek voor die hof gebring. OUTA het gesê hy neem ‘n wag-en-sien houding in en het die bekragtiging van die wetgewing as verrassend beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vas Vat ·

JPSA, julle is 100% korrek.Wonder so in my enigheid, hoe gaan die owerhede dit afdwing ???

Stoere Boer ·

Sodra jy ‘n voertuig lisensie wil uitneem sal jy eers al jou agterstallige tolgeld betaal voor jy dit kan doen.

Dries ·

Ja-nee, ou stortkop Zoem-Zoem doen wat hy wil en te duiwel met die res!!!

Jan Lynzaad ·

Dit is ongelukkig so dat seker mense in hogere posisies altyd moet wys dat hulle “BAAS” is. Pres Zuma en sy genote weet teen heirdie tyd wel wat die regte stelsel sou wees wat gevolg moet word. Ongelukkig wil hulle egter nie gesig verloor deur toe te gee nie. Maar, soos die DA van mening is, dit kan die ANC Gauteng in die volgende verkiesing laat verloor – mits die DA natuurlik hul politieke kaarte reg speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.