E-tol: Slakkepasbetoging vandag in Ekurhuleni

Argieffoto

Argieffoto

Cosatu hou Dinsdag weer ʼn slakkepas-betoging in Johannesburg oor die omstrede e-tolstelsel.

Die konvooi gaan 08:00 by die Mbhoro-kerk afskop waarna hulle na die N3, R24 en R21 gaan beweeg.

Supt. Wilfred Kgasago, die woordvoerder van die metropolisie, het gesê ʼn sterk polisieteenwoordigheid gaan die konvooi vergesel om seker te maak dat die betogers nie die Padverkeerswet oortree nie. “Die konvooi mag nie al die bane van die snelweg versper nie en betogers mag ook nie op die snelweg stilhou, of uit hul voertuie klim nie,” het hy gesê.

Cosatu beplan ʼn ook groot wegbly-aksie vir al sy lede Donderdag in Johannseburg. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Shane ·

Asseblief hierdie Cosatu is stupid! Teiken die verkeerde mense. Die ouens wat nou stadig moet ry op die paaie agter hulle is ook kwaad vir die tol ding en gaan ook nie ‘n tag koop nie. Daardie mense gaan laat kom by die dr of vergaderings.

Trippie ·

Dom-onnosel inderdaad. Ek kyk gister weer, noodvoertuie met loeiende sirene’s en die mense gee wragtig nie pad nie. Wat as dit ek was, of ‘n familie, of vriend – maak nie saak nie, ‘n lewe is kosbaar.

Cosatu moet eerder, gesien in die lig dat alles afgebreek en aan die brand gesteek word, die tolhekke afbreek – dan doen hulle ‘n goeie daad. Onlangs ‘n foto gesien (praat onder korreksie, ek meen dit was in Kenia) waar hulle dit gedoen het.

Seg ·

Trip so jy keer geweldadige betogings, brandstigting en opsetlike saak beskadiging goed? Wat sal jy maak as hulle in jou woonbuurt goed wat nie aan hulle behoort nie begin afbreek soos jou heining, stopstrate robots stoptekens of wat ook al. Malema keur dit ook goed.
Daar is oplossings en dit is moet nie skyfies uitneem nie en nie e-tol rekenings betaal wat deur die pos kom nie.

Trippie ·

Stem Conrad – koop geen e-tol skyfie nie – FINISH EN KLAAR !

Trippie ·

SEG: Ek hoor wat jy sê ! Natuurlik keur ek geweldadige betogings nie goed nie, inteendeel, ek keur GEEN vorm van geweld goed nie. Hierdie optrede is maar eie aan dié nasie.

Die stopstraat-bordjie oorkant my huis is onlangs met geweld omgekeer, gelukkig weet ons wie die skuldige is, dit gerapporteer en die persoon/persone daarvoor verantwoordelik moet maar opdok. Dieselfde met die straatlig wat voor die huis is – jy kan nie glo hoeveel keer moet daardie lig vervang word nie – en dit word veroorsaak deur voornemende inbrekers. Mens moet HARE op jou tanne hê.

Vivienne ·

Met jou stem ek saam Seg. Dit gebeur as mense blootgestel word aan sulke optredes dat hulle dit begin steun. Daar is geen ander oplossing as dit wat jy sê anders as om berserk te raak en ‘n streep deur ‘n opvoeding te trek.

AmY ·

Sê mos, geen breins. Wat as daar nou noodgevalle is? Nee kyk… Maar niou ja, kyk na ons prezzie…

Peter Se ·

Die ” number 1 ” het “gesign” so ek twyfel of hierdie aksies enigsins erens gaan kom. Ek het n voorstel, maar kan dit nie op die forum openbaar nie.

Trippie ·

… ek is ene ore … praat jou hart uit (hehe). Dalk kan ons ‘n helpende hand verleen.

Peter Se ·

Trippie

Jammer ek antwoord nou eers, die strukture is mos die oorsaak…verstaan jy ???

Eben ·

Ek het gister my E-Tol skyfie gaan koop by Rigel afrit Tshwane. Dit het my nie eers vyf minute geneem nie. Die debietorder word daar geaktiveer. Die wat nog skyfies moet kry dis nou die tyd want dis baie stil daar en baie mense wat help.

Shane ·

Eben wat praat jy nou? Hulle gaan jou rob voordat daardie hekke werk.

Seg ·

Ek gee ook vir geen iemand my bankbesonderhede nie. Jy is reg Shane hy of hulle gaan betaal sonder om eers die paaie te gebruik. Moet nie die skyfies koop nie. Volgens wet moet rekeninge persoonlik of per registreerder pos afgelewer word. Onmoontlik dat 1milj. plus rekeninge per dag deur die poskantoor hanteer kan word. Moet nie betaal nie en hulle oorhoofse kostes sal hulle inkomste met miljoene per maand oorskry en dit sal ‘n bankrot besigheid word.

Conrad ·

Ek verstaan seker iets nie lekker nie. Hoekom moet daar miljoene rande gespandeer word met betogings, regskostes om die saak te beveg ens ens, as mens net eenvoudig besluit om nie die e-tag te koop nie en laat die hele affêre homself ophang. Almal moedig dit dan aan. Hoekom dan nog bodder met betogings, stadig ry aksies ens ens.

Trippie ·

Stem Conrad – koop geen e-tol skyfie nie – FINISH EN KLAAR !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.