E-tol tree oor twee maande in werking

Die e-tolstelsel op Gautengse paaie behoort oor twee maande in werking te tree, het die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) Donderdag in ʼn verklaring bekendgemaak.

“Ons wag nou slegs vir die prosesse in die parlement om afgehandel te word. Die helfte van dié prosesse is reeds afgehandel,” het Vusi Mona, ʼn woordvoerder van Sanral, gesê.

Volgens Mona sal Ben Martins, die minster van vervoer, binnekort die amptelike tariewe bekendmaak. Mona het ʼn beroep gedoen op motoriste om vir e-tolskyfies te registreer om vir afslag te kwalifiseer en om die “laasteminuut-stormloop” te vermy.

Volgens Mona het sowat 600 000 mense reeds vir e-tolskyfies geregistreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlene ·

Mona ek dink jy lieg oor die getal persone wat vir die roofskyfie geregistreer het.Ek sal dit nie betaal nie julle steel belastingbetaler se geld. Hoe de hel verwag jy moet ons dit bekostig. My man werk in Midrand en ons woon aan die Wes-Rand. Ons leef van payday tot payday ONS KAN DIT NIE BEKOSTIG NIE EN DUISENDE ANDER MENSE OOK NIE! DIE ANC EN SANRAL STEEL ONS GELD EN HAAL DIE BROOD UIT ONS KINDERS SE MONDE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.