E-tol uitspraak verwag

Die hooggeregshof in Pretoria sal vandag uitspraak lewer rakende die lot van die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.

Regter Louis Vorster het op 28 November, na ʼn hersieningsaansoek van die stelsel, uitspraak voorbehou. Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) het die hof versoek om die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se besluit om sekere gedeeltes van Gauteng se snelweë as tolpaaie te verklaar, te hersien en ter syde te stel. Outa het Sanral beskuldig dat hulle die publiek opsetlik in die duister gehou het en dat hulle oneerlik was oor die implementering van e-tol in Gauteng.

Die hersieningsaansoek het gevolg nadat regter Bill Prinsloo op 28 April vanjaar ʼn interdik teen die implementering van die e-tolstelsel toegestaan het. Die aansoek is deur Outa gebring. Sanral en die tesourie het teen die hofbevel geappelleer. In September vanjaar het die grondwethof die interdik ter syde gestel.

Maroela Media het vroeër berig dat die ontrekking van ʼn wetsontwerp in die Nasionale Vergadering tot gevolg het dat die e-tolstesel nie voor die einde van die jaar ingestel sal word nie. Die omstrede wetsontwerp sal na verwagting nou eers in Februarie volgende jaar in die parlement bespreek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.