E-tol uitspraak verwag

Gauteng-motoriste sal na verwagting vandag hoor of die omstrede e-tolstelsel gaan voortgaan op die provinsie se hoofweë.

Die grondwethof sal vandag besluit oor of ʼn tydelike interdik teen die e-tolstelsel ter syde gestel moet word of nie. Die hooggeregshof in Pretoria het op 28 April ʼn tydelike interdik aan die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA) toegestaan. Die interdik het tot gevolg dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) nie die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë mag implementeer voor ʼn hersieningsverhoor gehou is nie. Sanral en die tesourie het teen die hofbevel geappelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.