E-toldatum van 2 Desember ontken

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van vervoer het Dinsdag bewerings deur Outa, dat die e-tolstelsel op 2 Desember in werking sal tree, ontken.

Tiyani Ponto-Rikhotso, woordvoerder van die departement, het gesê hy weet nie waar Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) aan die datum kom nie. “Daar sal môre [Woensdag] ʼn konferensie wees waar die minister die publiek op hoogte sal bring oor ʼn aantal kwessies, insluitend die Gauteng-snelwegverbeteringsprojek. Ek weet nie waar hy [Duvenage] aan die datums kom nie,” het Ponto-Rikhotso, gesê.

“Outa verwag dat die minister van vervoer binnekort hul planne bekend sal maak om die e-tol op 2 Desember in werking te stel,” het Duvenage in ʼn verklaring gesê.

Hy wag ook om te hoor hoe die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) beplan om oortreders te hanteer indien hulle nie hul tolgeld betaal nie. “Outa vertrou dat Sanral meer besonderhede sal verskaf oor hoe hulle die nie-betaling van e-tol deur die Strafproseswet gaan afdwing en hoe die regstelsel duisende sake gaan hanteer.”

Minister Dipuo Peters het vroeër in die parlement gesê daar is nog sowat 1.4 miljoen e-tolskyfies wat nie verkoop is nie. Klik hier om meer te lees.

Mmusi Maimane, nasionale woordvoerder van die DA, het Dinsdag gesê die bestaande tolhekke is slegs die eerste fase van die e-tolprojek. Hy sê Sanral beplan om nog tolhekke te installeer en die e-tolprojek oor sowat 300 km oor die provinsie se paaie te laat strek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Waarom sal OUTA die bewerings maak indien dit onwaar is ?

Van die os op die jas – het Zille nie onlangs vertel e-tol gaan in die Kaap ook ingestel word nie ? Ek praat onder korreksie.

Danie

Johann is seker reg: Lees die volgende berig.
http://www.bdlive.co.za/national/2013/05/21/cape-town-scores-double-victory-on-winelands-toll-road.
Maar die DA is verseker die ANC-Light. Die 29 straatname wat in Pretoria verander het is juis as gevolg van die DA se toedoen.
DA mense raak toe so broeis oor hulle buite-egtelike kinders, selfs al is hulle gewoonte misdadigers.

Danie