E-toldatum van 2 Desember ontken

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van vervoer het Dinsdag bewerings deur Outa, dat die e-tolstelsel op 2 Desember in werking sal tree, ontken.

Tiyani Ponto-Rikhotso, woordvoerder van die departement, het gesê hy weet nie waar Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) aan die datum kom nie. “Daar sal môre [Woensdag] ʼn konferensie wees waar die minister die publiek op hoogte sal bring oor ʼn aantal kwessies, insluitend die Gauteng-snelwegverbeteringsprojek. Ek weet nie waar hy [Duvenage] aan die datums kom nie,” het Ponto-Rikhotso, gesê.

“Outa verwag dat die minister van vervoer binnekort hul planne bekend sal maak om die e-tol op 2 Desember in werking te stel,” het Duvenage in ʼn verklaring gesê.

Hy wag ook om te hoor hoe die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) beplan om oortreders te hanteer indien hulle nie hul tolgeld betaal nie. “Outa vertrou dat Sanral meer besonderhede sal verskaf oor hoe hulle die nie-betaling van e-tol deur die Strafproseswet gaan afdwing en hoe die regstelsel duisende sake gaan hanteer.”

Minister Dipuo Peters het vroeër in die parlement gesê daar is nog sowat 1.4 miljoen e-tolskyfies wat nie verkoop is nie. Klik hier om meer te lees.

Mmusi Maimane, nasionale woordvoerder van die DA, het Dinsdag gesê die bestaande tolhekke is slegs die eerste fase van die e-tolprojek. Hy sê Sanral beplan om nog tolhekke te installeer en die e-tolprojek oor sowat 300 km oor die provinsie se paaie te laat strek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Waarom sal OUTA die bewerings maak indien dit onwaar is ?

Van die os op die jas – het Zille nie onlangs vertel e-tol gaan in die Kaap ook ingestel word nie ? Ek praat onder korreksie.

Trippie ·

Onnodig om die oom in die familie te wees wat niemand van hou.

Verduidelik asseblief u beledigende stelling – of ten minste, korrigeer waar ek fouteer !

Net ter inligting, my lojaliteit le by OUTA, BESLIS NIE by Sanral nie, en vir wat dit werd is, verseker ook nie by die DA nie.

Byvoorbaat dank

Die uwe

Trippie

JAVR ·

Goeie more Trippie! ja jy is reg en dit is ook die DA (Zille) wat net so bietjie oor ‘n maand gelede gesê het hulle steun die e-tolls!!

Trippie ·

Goeie more JAVR, en baie dankie vir jou “op die man af” antwoord ter bevestiging van my skrywe.

Groetnis en hoop om jou weer hier raak te loop op Maroela.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.