Die DA se versoek dat wetgewing rakende die Gautengse e-tolstelsel ongrondwetlik verklaar moet word, duur Woensdag voort in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Jeremy Gauntlett, wat president Jacob Zuma en die nasionale tesourie verteenwoordig, het Dinsdag aan die hof gesê dat die DA se benadering tot die saak die kritiese konteks van die regering ontbreek. “Ons is nie ‘n federale staat nie. Daar is nie ʼn Vatikaanstad in Suid-Afrika nie,” het Gauntlett aan regter Owen Rogers gesê. “Almal van ons werk en leef gelyktydig in ʼn plaaslike, provinsiale en nasionale regering.”
Gauntlett voer aan die Wysigingswetsontwerp op Vervoerwette en Verwante Sake het nie die toets geslaag om as ‘n provinsiale debat in die parlement bespreek te word nie.
Zuma het die Wysigingswet in September onderteken wat die weg gebaan het vir die e-tolstelsel op Gautengse snelweë. Dit is as ʼn artikel 75-wetsontwerp (wat slegs in die parlement debatteer word) aangedui, en nie ʼn artikel 76-wetsontwerp (wat in die parlement en provinsies debatteer word) nie.
Mmusi Maimane, woordvoerder van die DA, het vroeër gesê die party het die hof genader, aangesien die wysigingswetsontwerp foutiewelik deur die parlement goedgekeur en deur president Jacob Zuma onderteken is.
Lees ook:
Hof hoor oor e-tol-wetgewing
DA gebruik dieselfde argumente as die VF Plus. Dis mos politieke opportunisme deur die DA. Ploeg met n ander man se kalwers lui die spreekwoord. VF Plus is die party om voor te stem,beslis nie die DA nie!