E-tolstelsel: Datum pas bekend gemaak

Argieffoto van die e-tolprojek in Gauteng

Argieffoto van die e-tolprojek in Gauteng

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het sopas tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak wanneer die omstrede e-tolstel op Gautengse hoofweë in werking gaan tree.

Peters het aangekondig dat die stelsel op 3 Desember in werking gaan tree. Sy het gesê dat motoriste sonder e-tolskyfies omtrent dubbeld gaan betaal vir tol, aangesien hulle nie by die spesiale afslae gaan baat nie.

Maroela Media het vroeër berig dat die departement van vervoer Dinsdag bewerings deur Outa, dat die e-tolstelsel op 2 Desember in werking sal tree, ontken het.

Tiyani Ponto-Rikhotso, woordvoerder van die departement, het gesê hy weet nie waar Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) aan die datum kom nie. “Daar sal môre [Woensdag] ʼn konferensie wees waar die minister die publiek op hoogte sal bring oor ʼn aantal kwessies, insluitend die Gauteng-snelwegverbeteringsprojek. Ek weet nie waar hy [Duvenage] aan die datums kom nie,” het Ponto-Rikhotso, gesê. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

henk venter ·

Tipies!! As die ANC eers iets heftig ontken dan kan jy maar weet dis die waarheid. Toe verander die korrupte liegbekke die datum van 2 tot 3 Desember net om te se, “sien, julle was verkeerd”. So, daar is alles op die winkelrakke van more af 50 sent duurder want die broederbond en illuminati moet ons vroegtydig begin besteel want hulle kan mos!

Trippie ·

JOHANNNNNNN ! (vir diegene wat nie weet hoekom ek hom roep nie, volg die vorige berig in die verband).

Yl ek nog ? Toemaar, ek is nie kwaad nie. Verwag ten minste dat jy jou woorde sal terugtrek !

Groete, TRIPPIE

JAVR ·

Nou begin die fun en games!!! Ek werk vandag nog ‘n roete vir my uit wat ten minste 3 e-toll hekke MOET insluit werk toe elke dag!

stephanie ·

Henk, die tol gaan ons almal breek, beslis, maar waar kom die broederbond en illuminat in?

Piet ·

Die winkels het in hulle pryse lankal voorsiening gemaak vir die moontlike ekstra koste wat e-tol gaan meebring. Wat ons elke week weer verbaas dat verhogings nooit met sente is nie, selfs nie met een Rand op ‘n keer nie. Verlede week was die prys van Juncle Oats nog R22.00. Hierdie week is dit skielik R27.00. (P. & P) ‘n Mens kan elke week sulke voorbeelde noem. Die verhogings maak net eenvoudig nie sin en is beslis nie inflasieverwant nie. Vrae hieroor word net met ‘n skouerophaal afgemaak.

Paul ·

Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie, Piet. Een produk se prysverhoging by een winkel van een kettinggroep beteken niks.

Albert ·

Elkeen wat vir e-tol registreer moet geteer en veer word want dit is al lankal tyd dat ons moet begin saamstaan.

JAVR ·

Dis die eerste voorstel van die e-toll wat ek regtig van hou! Ideale voorstelling!

Janine ·

Dink ek OOK. Hulle moet nie eens toegelaat word om ‘n voertuig te besit nie!

Piet ·

Henk Venter is baie optimisties wanneer hy sê dat van more af alles op die winkelrakke 50 cent duurder gaan wees. Die winkels het lankal voorsiening gemaak vir ‘n moontlike styging in koste. Dit verbaas ons elke week weer hoe pryse weer verhoog is en nie by ‘n paar sent of ‘n Rand op ‘n keer nie. Gister was die prys van Juncle Oats skielik R27.00, vanaf die vorige prys van R22.00. (P.& P.) En dit sien en ervaar ons elke week. Wanneer ons navraag doen is die antwoord ‘n skouerophaal. Die verhogings is totaal onrealisties en beslis nie inflasieverwant nie. Ek wenste daar was ‘n webwerf waar hierdie verhogings aangemeld kon word met produknaam, winkel en prysverskil.

Janine ·

Liewe ouers. En party sal nog vasskop en stry! R27 vir Oats?? Oor my dooie liggaam. Shame, Paul.. daar moet seker mense soos jy OOK wees. Als is 100% in S.A., ne? FFS.

Rina ·

Kan iemand my sê hoe gaan dit werk as ons so nou en dan van die “plaas” af deur n e-tol stelsel moet gaan? Ons bly op Naboomspruit en wil net weet wat gaan ons moet doen as ons once in a while deurgaan?

Piet ·

Ek verwys na Paul se opmerking om 13.52, omdat ek net één produk genoem se prys genoem het wat skielik so baie omhoog gegaan het. My vrou moet elke Woensdag die kruideniersware koop wat sy doen by Woolworths, Checkers, Spar en P. & P. Sy kan nie in grootmaak koop nie omdat ons nie geld daarvoor hetnie, nog die plek om dit te bêre. Alles basiese goed. Indien Paul dit ook vir ‘n maand sou wil doen, sou hy baie gou sien dat die jy elke keer met dieselfde geld baie minder kan koop.
Weet nie wat die prys nou is nie, maar Gary Player mans sakdoekies, 40 per doos, het indertyd van een maand na die ander opgegaan van R12.00 na R14.00. Nou is dit Twinsaver, 36 per doos. Blokkies seep se gewig is verminder van 200 gr. na 175 gram. Dis 12.5 %. Maar die prys ? ‘n Mens is gelukkig as dit nie teselfdertyd verhoog is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.